Houliston Genealogy Online

Jean Blignaut

Male 1677 - 1753  (76 years)


Personal Information    |    All    |    PDF

  • Name Jean Blignaut 
    Birth 1677  Amsterdam Find all individuals with events at this location 
    Gender Male 
    Death 2 March 1753  Paarl Bethel Find all individuals with events at this location 
    Notes 
    • Onderwyser deur haar eerste man gehuur. Vanaf Amsterdam of Monthelon Champagne. Arriveer in 1723 as adelbors, word later onderwyser in diens van Daniel Hugo. Hy boer op Zion in Groot Drakenstein en besit ook verskeie ander plase.

      Goeiemiddag Blignaut- kenners,

      Ek het 'n brief van mnr CL Blignaut van die VSA ontvang waarin hy meld dat hy, met die hulp van 'n familielid, navorsing in Monthelon in Frankryk laat doen het oor stamvader Jean BLIGNAUT.

      Volgens M Boucher se French Speakers at the Cape: the European background 1983 bl.231 is daar vyf kinders vir Pierre Blignaut en Elisabeth Desbordes in Fankryk gebore voor die herroeping van die Edik van Nantes en voordat die gesin na Amsterdam uitgewyk het. Die oudste was Jean, gedoop 3.6.1677. Prof Boucher meld: "the
      Jean Blignaut who came to the Cape cannot have been the son christened at Chaltrait in 1677. He was evidently born in Amsterdam, where the baptisms of two of his brothers are recorded".

      Mnr Blignaut se navorsers het die volgende inskrywing in die plaaslike kerk se rekords in Monthelon gevind: "20 September 1686, doop van Jean, seun van Pierre Bleignot en Elisabeth Desbordes. Peetpa Jean de Villiers 'n peetma Nicole Thibault". Hy vermoed dat die eerste seuntjie Jean jonk oorlede is en dat hierdie Jean wat in 1686 gedoop is die Blignaut-stamvader in SA is.

      Vriendelike groete,

      Juna Malherbe

      Jean Blignaut het lank na die aankoms van die eerste Hugenote in Suid Afrika aangekom. Sy naam kom egter voor onder die Franse vlugtelinge wat behandel word in "Huguenot Famlies at the Cape of Good Hope". Nadat Jean Holland bereik het, het hy in diens getree van die Oos-Indiese Kompanjie. Toe hy in 1723 hier aangeland het, was hy adelborst op die skip Huis ten Assenburg. Daar word beweer dat Daniël Hugo vir Jean genader het as onderwyser vir sy kinders. Jean was egter nie lank skoolmeester nie, want Daniël is sowat 'n jaar na Jean se aankoms oorlede. Jean is toe kort daarna met die weduwee Hugo getroud en het besitter van verskeie plase geword, onder andere die pragtige plaas Zion. Jean het waarskynlik sy ouers ook uit Europa laat kom want sy moeder was getuie met die doop van Jean se oudste dogter.
      Volgens een van die bronne waaruit inligting aangaande Jean en sy vrou se eerste man, Daniël Hugo, blyk dit dat Daniël, Jan se ouma, se broer was. Daniël was 40 toe hy getroud is met Anna, terwyl sy 'n meisie van 14 was.

      Arrived at the Cape in 1723 as midshipman on the "Huis ten Assenburg". In 1726 he applied for citizenship, as a result of his marriage be became the owner of a farm. He was a teacher and cashier from Drakenstein.

      Binne een week is beide man en vrou oorlede.

      Met sy dood 1752 besit hy 7 plase.
      Hy was 'n adelbors, kry vrybriewe, en was onderwyser van Daniel Hugo se kinders.
      Hy trou met Hugo se weduwee

      MOOC 8/8 Inventarissen 1752-1757 no 5
      MOOC 13/3 Boedelrekening 1737-1757 no 117
    Person ID I12  Rossouw Family Tree
    Last Modified 21 December 2006 

    Father Pieter Blignaut 
    Mother Elizabeth Desbordes 
    Family ID F17  Family Group Sheet  |  Family Chart

    Family/Spouse Anne Rossouw,   b. 1690   d. 28 February 1753, Paarl Bethel Find all individuals with events at this location (Age 63 years) 
    Marriage 4 November 1725  Paarl Find all individuals with events at this location 
    Family ID F8  Family Group Sheet  |  Family Chart



This site powered by The Next Generation of Genealogy Sitebuilding v. 14.0.3, written by Darrin Lythgoe © 2001-2024.

Maintained by Andrew Houliston. | Data Protection Policy.